7th Wonder Guest House
Die 7th Wonder Guest House is baie trots op sy naam wat hy by Tafelberg gekry het. Tafelberg is in 2012 as een van die 7 Wonders van die Wêreld aangewys. Kaapstad is aangewys as die 8ste beste bestemming die wêreld om te besoek in en is nommer 1 in Afrika. Die gastehuis is ideaal vir gaste wat egte, lewenslange gesinsherinneringe wil maak. Dis net ‘n paar meter van die strand af en is die top-vakansiebestemming waarna gaste jaar na jaar uitsien.
Die gastehuis spog met luukse suites en uitsigte oor Robbeneiland en op Tafelberg. Die warmte en gemak by 7th Wonder maak van dié gastehuis die ideale plek om na terug te keer en in die swembad te ontspan na ‘n dag van verken, fietsry, haaihokduik of bergklim.
Daar is braai- en ontspanningsgeriewe, ‘n gemeenskaplike sit- en eetarea, ‘n TV met volledige DStv en ‘n ten volle toegeruste kombuis waarvan gaste gerus gebruik kan maak. Gaste het ook toegang tot gratis, onbeperkte WiFi.
Geriewe naby die gastehuis sluit die MyCiTi-busdiens, verskeie winkels, restaurante en doendinge in.
Gaste het privaat toegang na Bloubergstrand wat net ‘n paar meter ver is en besoekers en sweefskiërs van oral lok wat jaarliks meeding vir die Red Bull King of the Air Champion-titel.
